Alexander May - Cape Town's favourite comedy magician

ALEXANDER MAY | KULKUNSTENAAR | KAAPSTAD | SUID AFRIKA 

Alexander May kulkunstenaar

Alexander May is kulkunstenaar wat vertonings van wêreld-gehalte lewer by konferensies, dinees, fondsinsamelings – inderwaarheid enige plek waar mense unieke en boeiende vermaak benodig!

Hy meng asemrowende kulkuns en ‘gedagte-lesery’ – verwag om te sien hoe hy geld laat verskyn uit die niet, ‘n totale vreemdeling se wagwoord onthul, tot soliede staal buig met sy breinkrag – hierdie vertoning sal ‘n indruk op u gaste laat. Ervaar self hoekom hy aangewys is as "SA Stage Magic Champion" in 2023!

Oorspronklik afkomstig van Graaff Reinet in die Oos-Kaap, is hy tans gebaseer in Kaapstad en doen vertonings in beide vlot Afrikaans en Engels.

Met meer as 20 jaar se vertonings agter die rug, het hy sy ondervinding opgedoen deur vir mense van dwarsoor die spektrum op te voer – van die konferensiesale van internasionale maatskappye tot modderhutte in die berge van Swaziland; met besigheidsopenings, dinees, spanbou-sessies en vele ander tussenin.

Mobirise

Omdat die vertoning so interaktief is, word u gaste die werklike sterre! Dit is die rede hoekom mense dit lank na die tyd nog onthou.

Alle vertonings word volgens die kliënt se behoeftes gereël, sonder verdere komplikasies – om te verseker dat maatskappye en individue suksesvolle funksies het. Omdat hy so bewus is van die belangrikheid van u funksie, werk hy nou saam volgens u benodighede en poog om alle verwagtinge te oortref.

Hy voer reg oor die land sowel as internasionaal op – so ongeag of u 5 of 500 gaste verwag, of u funksie in Kaapstad, Kairo of Kanada is – Alexander May is gereed om u gaste deeglik te vermaak!

Alexander May op die ‘Jou Show’ met Emo & Wicus op KykNet, met mede-gaste Rina Hugo & Carike Keuzenkamp.

Alexander May op die ‘Jou Show’ met Emo & Wicus op KykNet, met mede-gaste Rina Hugo & Carike Keuzenkamp.  [KLIK HIER VIR VIDEO]

“Baie dankie Alexander, dat jy bereid was om terug te kom na jou skool en jou kulkuns in 'n propvol HVS saal te vertoon. Dit was 'n baie spesiale aand wat al ons nog lank sal onthou!”
- Hoër Volkskool, Graaff Reinet

“Jy was 'n wonderlike verryking tot FonteinFees.  Ons (klein en groot) het jou baie geniet! Ek hoop ons kan jou weer nooi.”
- Ds. Martin Goosen, NG Kerk Piketberg

“Vreeslik baie dankie vir Vrydag se vertoning, almal het dit regtig baie geniet”
- S. Zeelie, Muller Terblanche & Beyers, Worcester

“Alexander, dit was baie lekker om jou hier te hê. Die mense het dit baie geniet en dit was ‘n plesier om saam met jou te werk.”
- Alwyn du Preez, Upington Landbou Expo

“Baie, baie dankie Alexander! Jy was ‘n hit!
- K. Jackson, Mostert & Bosman Prokureurs

© Copyright 2024 Alexander May. All Rights Reserved.

Mobirise